As jy enige van ons familie se yskaste oopmaak sal jy altyd een ding sien wat dieselfde is. Daar is meer chili souse as wat daar enige ander kos is. Ons is mal oor ons brand kos. Die mans meer as die vrouens, maar selfs hulle het al geleer om nie te veel te kla oor die kos te veel brand nie.
My Pa sê altyd, as jy sweet terwyl jy eet, eet jy lekker.
Ek het op 'n stadium deur 'n buffalo wing fase gegaan. Wou dit elke dag maak. Maar nerens kon ek 'n lekker warm chili sous kry wat lekker saam die wings gegaan het nie. Google na Hooters se wing resepte het my heeltyd na 'n sous gevat wat ons nie in Suid Afrika kan kry nie. Frank's Hot Sauce.
Ek het toe maar besluit om dan maar my eie Frank's sous te maak. Makliker kry mens nie.
Bestanddele:
+- 18 vars cayenne chili's.
1.5 koppies wit asyn.
2 teelepels crushed knoffel.
1 teelepel sout.
1 teelepel knoffel poeier.
Metode:
Kap die chili's se punte af en gooi al die bestandele in 'n pot saam.
Verhit die pot tot dit begin kook.
Verlaag die temperatuur effens maar soveel dat die pot nogsteeds kook.
Laat die pot prut vir tussen 20 en 25 minute.
Verwyder die pot van die hitte en gooi alles in jou blender en puree dit tot dit als fyn gekap is.
Gooi die mengsel als terug in die pot en laat dit vir 'n verdere 15 minute prut.
gooi dit in 'n beker en laat dit afkoel.
Die sous is baie asynerig so ek stel voor jy maak dit buite op gas as jy kan, want die asyn reuk kan nogals mens se vrou omkrap.
Laat dit afkoel en geniet!
Gewilde artikels
-
As jy ooit die kans kry om Amerika toe te gaan is wings die een ding wat jy net moet gaan eet. Hulle het hele restaurante wat spesialiseer ...
-
'n Man is altyd lus om te braai, maar meeste van die tyd is die man se vrou nie gelukkig om net vleis te eet nie. Dan sit mens altyd m...
-
Een van die goed wat mens deesdae nie kan mis lees as jy oor kos lees nie is "pulled pork". Elke tydskrif of tv program wat oo...
-
Mens kom in 'n gewoonte om altyd dieselfde vervelige kos te eet. Dan kan selfs die lekkerste kos begin onsmaaklik raak net oor jy a...
-
As jy enige van ons familie se yskaste oopmaak sal jy altyd een ding sien wat dieselfde is. Daar is meer chili souse as wat daar enige ande...
-
Hierdie sous was die eerste keer 'n eksperiment oor ek 'n groot klomp rissies persent gekry het en nie geweet het wat om met alle...
-
Ek was een jaar bevoorreg gewees om vir 'n week in Los Angeles te bly. Een van die plekke waar ek geeet het terwyl ek daar was was ...
-
Spaghetti Bolongese is eenvoudig 'n "classic". Toe ons kinders was het my ma gereeld hierdie Italiaanse dis voorgesit v...
-
Eerste keer wat ek van Chimichangas gehoor het was by die Marvel karakter, Deadpool. My nuuskierigheid het oorgeneem en ek moes m...
Katagorieë
☺
"Die lewe gaan oor kos. Eet lekker en jy sal gelukkig wees." - Skrywer onbekend
No comments:
Post a Comment