Hierdie sous was die eerste keer 'n eksperiment oor ek 'n groot klomp rissies persent gekry het en nie geweet het wat om met alles te maak nie!
Dit het toe baie lekker uitgekom en gelukkig is hierdie rissies redelik maklik bekombaar en hoef mens nie te wag vir 'n present om hierdie sous te maak nie.
Dit het toe baie lekker uitgekom en gelukkig is hierdie rissies redelik maklik bekombaar en hoef mens nie te wag vir 'n present om hierdie sous te maak nie.
Bestanddele:
+- 20 African Bird's Eye rissies, gekap
2 t Chopped knoffel en gemmer
1/4 k vars gekapte pietersielie
1/2 k bruin druiwe asyn
1/2 k olyfolie
1/2 k water
Sap van een groot suurlemoen
Gerasperde skil van suurlemoen
25 ml sout
25 ml paprika
10 ml chilliepoeier
Metode:
Meng of skud al die bestandele in 'n glas houer of bakkie behoorlik saam sodat speserye opgelos is.
Voeg mengsel in 'n blender en maak goed fyn.
Gooi fyn mengsel in 'n pot en verhit tot dat dit kook.
Draai hitte na laag en laat kook verder vir ongeveer 10 na 15 min tot sous effens verdik.
Laat sous afkoel en bêre in glasbottel in die yskas.
No comments:
Post a Comment