Toe kom ek op die idee af. Dit is maklik om te maak, vat nie plek op jou braai rooster op nie en jou bord bly relatief skoon van souse terwyl jy eet.
Ek stel voor, die bacon en kaas vulkaan aartappel!
Benodighede:
Ek gaan nie hoeveelhede hier gee nie, jy gebruik maar soveel soos nodig is vir jou en jou mense.
Streaky bacon
Lekker groot aarappels - skil nog aan.
Sout
Cheddar kaas
SuurroomHot Sauce
Metode:
Kook die aartappels tot dit heeltemal sag en gaar is, maar nie so dat dit uitmekaar val nie.
Laat die aartappels staan om af te koel, jy kan dit al die oggend ook dan is dit reg om te maak na die rugby vanaand klaar is.
Sodra dit koud is sny jy een van die punte af sodat dit aartappel kan regop staan. Sny dan aan die ander punt n gat in en gebruik sommer 'n tee lepel se agterkant om van die aartappel uit te grou. Jy kan lekker diep grou maar maak seker jy grou nie reg deur die aartappel nie.
Sny dan jou cheddar kaas in lekker lang reghoeke. Gooi sout na smaak binne in die gate wat jy gegrou het en druk die blokke cheddar binne in die aartappels in.
Vat nou die streaky bacon en bind dit om die aartappels. Steek dit vas met tande stokkies sodat dit nie afval nie.
Sit dit dan op n oondpan en bak dit in 'n voor verhitte oond teen 180°C vir ongeveer 30 minute of totdat die kaas goed gesmelt en effens bruin word.
Terwyl jy wag vir die aartappels meng jy die suurroom saan jou hot sauce in 'n bakkie. Hoe meer hot sauce, hoe warmer sal die suurroom mengsel wees.
Sodra die aartappels reg is, haal uit die oond en bedien dit saam jou braaivleis. Skep lekker baie van die suurroom mengsel bo oor die aartappel en geniet dit.
No comments:
Post a Comment