Daar is twee soorte kos in Suid Afrika wat mens hopeloos te min kry. Die een is regte authentic Mexican kos en die ander een is Wings. Ja jy kry 'n familie restaurant of twee wat wel probeer buffalo wings maak, maar na hierdie resep sal jy nie eers tweekeer dink om terug te gaan nie. As jy gelukkig genoeg is om naby 'n Hooters te bly, gaan eet daar, anders maak dit maar net self.
Benodighede:
+- 20 hoender vlerkies.
+- 4 hoender fillets (Indien jy boneless "wings" wou maak)
1 koppie koekmeel
1 teelepel paprika
1 teelepel rooi peper (cayenne pepper)
1 teelepel sout
lekker baie sonneblom olie
1/2 blok botter
1/2 koppie chilli sous
1/4 koppie bbq sous
1 eetlepel heuning
Swart peper
2 teelepels Knoffel poeier.
Metode:
Sny die vlerkies in twee dele. Die voorste flerkie kant en die agterste deel wat amper soos 'n boudjie lyk. Sny die hoender fillets in bokkies.
Gooi al die hoender in 'n lekker groot bak met 'n deksel.
In 'n bak meng bymekaar die meel, paprika, rooi peper en sout. Gooi dan die meel mengsel bo oor die hoender wat jy in 'n ander bak gesit het. Meng dit mooi deurmekaar sodat die meel oor al die hoender is. Maklikste manier is om die bak se deksel toe te maak en dan die bak ordentlik te skud.
Sit die bak met die hoender in die yskas en laat dit staan vir min of meer 1 uur.
In 'n pot op die stoof sit nou die blok botter in en gooi die chili sous, bbq sous, heuning bymekaar. Gooi peper na smaak saam met die knoffel poeier in. laat die botter mengsel smelt en meng dit mooi deurmekaar. Sodra dit begin kook haal dit af van die hitte en sit eenkant. Ons sal dit later net weer vinnig warm maak.
Sit 'n lekker groot pot op die stoof en maak vol met omtrent 7 cm olie. Wag tot olie warm is. As jy 'n termostaat het kyk dat dit so 190 grade celcius is.
Kry die hoender uit die yskas en sit so 10 stukke hoender op 'n slag in die pot. Kyk dat die pot nie te vol is nie. Hoender moet kan rondbeweeg in die olie. Laat die hoender vir so 7 tot 10 minute ind ie olie braai of tot die vlerkies begin bruin word. Haal vlerkies uit en sit dit op n papier handoek om oortollige olie te laat afdroog.
Doen so met die res van die hoender. As jy klaar is met al die hoender sit dit in 'n bedienings bak. Maak die botter sous net weer warm en gooit als bo oor die hoender. Meng dit goed dat al die hoender toe is met die sous.
Gee vir elke persoon 'n bord en sit die bak hoender tussen hulle op die tafel en sien hoe vlieg 'n deepfried vlerkie uit daai bak.
Bedien die vlerkies met 'n ranch, bloukaas of enige ander doop sous van jou keuse.
Geniet dit!
No comments:
Post a Comment