Spaghetti Bolongese
Spaghetti Bolongese is eenvoudig 'n "classic".
Toe ons kinders was het my ma gereeld hierdie Italiaanse dis voorgesit vir aandete en dit was altyd een van die gesin se gunstelinge.
Gelukkig het my ma graag haar kennis oorgedra en kon ek dit binnekort self ook maak.
Aangesien dit relatief maklik en bekostigbaar is om te maak, het hierdie een gougou 'n stapelvoedsel geword in my universiteitsdae en kon die hele studentehuis saam eet!
Resep: Bedien ongeveer 4-6 mense
Bestanddele:
Een pak (500g) spaghetti
1e kook olie
500g bees maalvleis
Een middelslag ui, fyn gekap
2t crushed garlic
2t komynpoeier
2e gedroogde Italian Herbs
2 × 50g pakkies tamatie pasta
2 blikke gekapte tamaties
Sout en swart peper na smaak
1t suiker (opsioneel)
Metode:
1. Verhit kookolie in pan op matige hitte en braai ui ongeveer 5 minute tot dit begin sag en deurskynend word.
2. Voeg maalvleis, knoffel, komynpoeier, Italian herbs en sout en peper by en braai maalvleis tot bruin.
3. Sodra vleis bruin is, roer tamatiepasta in en meng goed.
4. Kook intussen pasta in soutwater tot al dente, soos per pakkie se instruksies. Gooi water af wanneer gaar.
5. Voeg nou geblikte tamaties by vleis en roer goed deur. Bring sous tot waar dit begin kook. Op hierdie stadium is dit belangrik om weer te proe ingeval ekstra sout en peper kort. Indien sous effens te suur is, kan 'n teelepel suiker ingegooi word.
7. Draai hitte af na laag en laat prut vir ongeveer 20 - 25 minute sonder deksel tot sous effens begin verdik.
8. Sit dadelik voor bo oor warm pasta.
Gewilde artikels
-
As jy ooit die kans kry om Amerika toe te gaan is wings die een ding wat jy net moet gaan eet. Hulle het hele restaurante wat spesialiseer ...
-
'n Man is altyd lus om te braai, maar meeste van die tyd is die man se vrou nie gelukkig om net vleis te eet nie. Dan sit mens altyd m...
-
Een van die goed wat mens deesdae nie kan mis lees as jy oor kos lees nie is "pulled pork". Elke tydskrif of tv program wat oo...
-
Mens kom in 'n gewoonte om altyd dieselfde vervelige kos te eet. Dan kan selfs die lekkerste kos begin onsmaaklik raak net oor jy a...
-
As jy enige van ons familie se yskaste oopmaak sal jy altyd een ding sien wat dieselfde is. Daar is meer chili souse as wat daar enige ande...
-
Hierdie sous was die eerste keer 'n eksperiment oor ek 'n groot klomp rissies persent gekry het en nie geweet het wat om met alle...
-
Ek was een jaar bevoorreg gewees om vir 'n week in Los Angeles te bly. Een van die plekke waar ek geeet het terwyl ek daar was was ...
-
Spaghetti Bolongese is eenvoudig 'n "classic". Toe ons kinders was het my ma gereeld hierdie Italiaanse dis voorgesit v...
-
Eerste keer wat ek van Chimichangas gehoor het was by die Marvel karakter, Deadpool. My nuuskierigheid het oorgeneem en ek moes m...
Katagorieë
☺
"Die lewe gaan oor kos. Eet lekker en jy sal gelukkig wees." - Skrywer onbekend
No comments:
Post a Comment