Resep lewer ongeveer 6 chimichangas.
Bestanddele:
500g bees maalvleis
1 e kookolie
2 t crushed garlic
4 t cumin
2 e chillipoeier
1 blik red kidney beans of black beans
+- 1 koppie gerasperde cheddarkaas
2 groot ryp tamaties
1 medium ui
+- 4 ingelegde jalapeños
+- 1/2 koppie vars gekapte koljander blare (cilantro)
1 e suurlemoensap
6 groot tortilla wraps
Suurroom
Sout
Swartpeper
1 e botter of margarien, gesmelt
1 e kookolie
2 t crushed garlic
4 t cumin
2 e chillipoeier
1 blik red kidney beans of black beans
+- 1 koppie gerasperde cheddarkaas
2 groot ryp tamaties
1 medium ui
+- 4 ingelegde jalapeños
+- 1/2 koppie vars gekapte koljander blare (cilantro)
1 e suurlemoensap
6 groot tortilla wraps
Suurroom
Sout
Swartpeper
1 e botter of margarien, gesmelt
Metode:
Voorverhit oond tot 200°C
Verhit pan met olie tot medium hoog en braai maalvleis saam met knoffel, cumin, chillipoeier, beans met sout en peper tot gaar.
Kap intussen die tamaties, ui, jalapeños en koljander blare fyn en meng met suurlemoensap en sout en peper na smaak om 'n salsa te maak.
Sodra vleismengsel gaar is, haal van hitte af en meng helfte van die salsa mengsel en helfte van die kaas saam die vleis.
Sit die tortilla wraps een vir een vir ongeveer 15 tot 20 sekondes in die mikrogolf. Skep dan die vleismengsel in die middel, in n reghoek vorm. Pasop om nie te veel vleis in te sit nie.
Vou nou die wraps op die punte oor, en rol dan toe in die lengte.
Plaas met die naatkant onder in 'n gesmeerde oondpan en smeer dan gesmelte botter bo oor.
Bak vir ongeveer 20 tot 25 minute tot goudbruin.
Sit voor saam met oorblywende salsa, kaas en suurroom.
No comments:
Post a Comment