Pages

Pulled pork


Een van die goed wat mens deesdae nie kan mis lees as jy oor kos lees nie is "pulled pork". Elke tydskrif of tv program wat oor kos gaan het hul eie weergawes van die gewilde dis.  En dis maklik om te verstaan hoekom.  Dis maklik om te maak,  kan gebruik word om saam verskillende goed te eet en ek het nog nie iemand ontmoet wat nie daarvan hou nie.  

Ek maak myne in 'n slow cooker so na die voorbereiding doen mens nie self veel nie.
Hier is my weergawe.


Bestandele:

1 groot ui.
+- 1.5kg vark skouer, boud of nek.
1 eetlepel sout
1 teelepel swart peper
1 teelepel paprika
1 koppie hoender aftreksel. (Ek gebruik sommer die blokkies wat mens in water oplos)
1 koppie BBQ sous.  Ek het 'n gerookte BBQ sous gebruik.
2 eetlepels Liquid Smoke (as jy nie gerookte BBQ sous gebruik nie)  - Optioneel
2 eetlepels Worcestershire sous
3 groot knoffel huisies, gedruk
2 eetlepels bruin suiker.


Metode:

Kap die ui in growwe stukke en gooi onder in die slow cooker.
Kombineer die sout, peper en paprika en gooi dit oor die vark vleis.  Vryf dit in die vleis in sodat dit nie net afval as jy dit skuif nie.



Vir die marinade kombineer die hoender aftreksel, BBQ sous, die liquid smoke (indien nodig), worcestershire sous, suiker en die knoffel en meng goed deurmekaar.



Sit die varkvleis bo op die uie binne in die slow cooker.  Gooi die marinade bo oor die vark vleis.  
Maak die deksel toe en sit die slow cooker op lae hitte vir 8 ure.



Na 8 ure haal die stuk vleis uit die slow cooker en sit dit in 'n bak groot genoeg vir al die vleis nadat dit uitmekaar getrek is. 
Vat 2 vurke en trek letterlik net die vleis uitmekaar.  Dit behoort amper vanself uitmekaar te val.
Skep so paar lepels van die marinade wat nog in die slow cooker is bo oor die geskeerde vleis.


Die vleis kan dan vir 'n verskeidenheid vulsels gebruik word.  Taco's, pasteie, of my gunsteling,  pulled pork toebroodjies.

Skep 'n klomp van die vleis op 'n broodrolletjie,  sit bietjie koolslaai bo op en geniet dit!

No comments:

Post a Comment