Pages

Chili cheese dogs

Ek was een jaar bevoorreg gewees om vir 'n week in Los Angeles te bly.  Een van die plekke waar ek geeet het terwyl ek daar was was 'n plekkie met die naam Pink's hotdogs. Daar het ek seker die lekkerste hotdogs van my lewe geeet.

Ek het toe besluit ek wil een van hulle hotdogs namaak.  Toe maak ek 'n chili cheese dog.

Om die hotdog te maak moet jy 2 goed doen.   Eerstens moet jy regte amerikaanse chili maak. Tweedens moet jy jou cheese griller, of enige wors van jou keuse, braai.

1. Chili

Bestanddele:
  1.  +- 500gram bees maalvleis.
  2. 1 blik gekapte tamaties met chili's in.
  3. 1 blik red kidney beans gedreineer. Of enige ander beans wat jy kan kry.
  4. 1 ui vyn gekap.
  5. 2 eetlepels chili poeier.  Meer of minder afhangende hoe hot jy dit wil hê.
  6. 1 teelepel fyn Cumin.
  7. 1 teelepel crushed garlic.
  8. sout en peper na smaak.
Metode:

Braai die maalvleis in n groot pot tot dit bruin is.  Gooi sout en peper by soos nodig.
Gooi al die res van die bestandele by en laat dit prut vir n verdere 15 minute of tot die uie en beans sag is op lae tot medium hitte.


Maklik genoeg.

2. Die hotdogs.

Hopelik het jy al 'n hele ruk terug jou vuur aangesteek sodat die kole reg is om te braai.  Indien nie kan jy later die chili net weer warm maak op die stoof.

As die kole reg is,  nie baie warm nie,  sit jou cheese grillers op die rooster en laat dit braai.  Draai gereeld sodat dit nie brand aan een kant nie. Die kaas kan maar bietjie uitloop en die worsies kan effens bruin braai.  Dit behoort nie langer as 5 minute te vat voor die worsies reg is nie.



Sodra die worsies reg is sit jy dit dadelik op 'n hotdog bun.  Gooi genoeg van die chili maalvleis oor die wors en rasper genoeg kaas bo oor die maalvleis.

Ek dink nie eers LA se hotdogs is so lekker nie.


No comments:

Post a Comment